Op besoek aan n nuwe wêreld: Openbaring Eps 1

2020 ж. 12 Мау.
26 222 Рет қаралды

Eps 1 Openbaring hoofstuk 1-3

Пікірлер
  • Wow baie dankie dit maak alles soo duidelik

    @user-lk1zz6rq3l@user-lk1zz6rq3l2 ай бұрын
  • Alle volke alle tale en alle nasies. Selfs vir die kleurling het Vader n spesiale plek. Hy het dit aan my gesê. Elkeen wat hom aangeneem het. Stry nie oir Vader se woord nie en moenie oor jou broer oordeel nie. Vra dat Vader jou self antwoord op jou kwel vrae. Hy doen dit verseker. As iets nie met jou redding te make het nie, is dit nie nodig om.jou daaroor te kwel nie. Nou ken ons net ten dele maar eendag sal ons ten volle ken en sit by Sy voette en Hy self sal baie aan ons openbaar. Ek het nog nie by Pastoor Lombaard gehoor dat hy die regte Sabbat openbaar het soos Stephan nie. Ek haal my hoed af vir hom. Moenie verdeeldheid bring nie maar eenheid.

    @margariethaisabellalubbe6775@margariethaisabellalubbe67757 ай бұрын
  • As jy uit die lewende woord van Jesus Christus wil luister en verstaan gaan luister na Pastoor raymond lombard die hele boek van Daniel en so ook Openbaring. Dis n Godsman wat so geseën is deur die Here dis sy roeping dis sy lewe wat hy meer as 40jaar aan die Here wei. Hy is regoor oor die wereld om die evangelie te gaan verkonding. Prys die Here laat Hy raymond oor my pad gestuur het vandag verstaan ek die woord en kan ek saampraat alles te danke aan raymond wat deur die Heilige Gees geispireer word.

    @wandalabuschagne7707@wandalabuschagne77072 жыл бұрын
  • Engele sien ek as God se helpende hand. Hy gee hulle opdrag glo ek.

    @margariethaisabellalubbe6775@margariethaisabellalubbe67757 ай бұрын
  • FANTASTIESE BOODSKAP!!! BAIE DANKIE PROF STEPHAN JOUBERT

    @jennywalters9080@jennywalters908011 ай бұрын
  • Goeie naand uit Gordonsbaai. Baie dankie Prof Stephan vir hierdie aangrypende boodskap ek waardeer dit so opreg baie en gaan dit beslis weer n keer luister, dis te veel om net eenkeer in te neem.

    @jennywalters9080@jennywalters9080 Жыл бұрын
    • Q

      @willieburger-qq3id@willieburger-qq3id Жыл бұрын
  • Dankie Florida

    @cassiecastleman3193@cassiecastleman31938 ай бұрын
  • Stephan Joubert erken die boek Openbaring is ’n profesie maar ontken dat dit toekoms voorspellings is. Indien dit wel so is moet ons Jesaja 46:9-10 summier uitskeur, “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.” Nagenoeg 28% tot 30% van die Bybel bestaan uit profesieë waarvan sommiges duisende jare gelede neergepen is en die meeste van hulle reeds 100% vervul is. Dit bewys onomwonde dat God is wie Hy sê Hy is - die enige ware God naas wie daar geen ander is nie. Enigeen wat God se profesieë onderspeel, veral dié in Openbaring wat nog nie in vervulling gegaan het nie, speel met vuur. “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is." (Openbaring 22:18-19). kzhead.info/sun/d8ewibWNf517Z4U/bejne.html

    @lessingtom@lessingtom3 жыл бұрын
  • Tom Lessing God weet of ek en jy dit gaan maak. Dit is nie "voorspelling" nie maar dit kom van n alwetende God. Daar is niemand soos Hy.

    @margariethaisabellalubbe6775@margariethaisabellalubbe67757 ай бұрын
  • Dis altyd so vars en lekker om te hoor wanneer mense God se Woord lees, en nie eie opgemaakte dokrines "inlees" in die Skrifte nie. Dankie vir die waarheid reg gesny! Nog 'n boek wat die boek Openbaring baie mooi in detail baie mooi verduidelik, is "Openbaring Ontsluit" geskryf deur Riekert Botha.

    @nicolaasburger1637@nicolaasburger16373 жыл бұрын
  • Kan u ook vir ons Verduidelik, JOHANNES 14: ... u jesus se', "ek het My VADER SE NAAM Ge-erf"..!!! Wat is dan jesus se Vader se Naam,,,??? En Waar in die bybel Afr 33/53 Staan of kom die woord Kerk voor Asb,,,???

    @user-yr8ld1cb4o@user-yr8ld1cb4o11 күн бұрын
  • Daar was Nie 'n letter J in die Oorspronklike Hebreers se 10 Letter Alfabet...Gee Asb vir ons die Datums wanneer het die Naam jesus, here en christus dan onstaan en Wie het dit Geskep of Verander,,,,???

    @user-yr8ld1cb4o@user-yr8ld1cb4o11 күн бұрын
  • Stephan dankie vir jou opregte en ware verkondiging van die woord.Kan aanbeveel vir almal wie hierna luister kry die boek Ontsluit die Nuwe Testament geskryf deur Stephan Joubert.Maak net soveel makliker om alles nog beter te verstaan.So ookal die Reise deur die boeke van die Nuwe Testament

    @chrisburger6628@chrisburger66283 жыл бұрын
    • Stefan Joubert is net nog een van die dwaal leraars en jy moet sy allerhande "slim" opmerkings maar met 'n knippie sout neem.

      @johansteenkamp4027@johansteenkamp40272 жыл бұрын
  • Stephan Joubert glo vas die 1000-jarige Vrederyk in die hemel afspeel. Toe die engel Gabriel aan Maria verskyn, het hy die volgende boodskap aan haar gebring, "En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie." (Lukas 1:31-33). Die troon van sy vader Dawid is tog sekerlik nie in die hemel nie. Sy troon sal gesetel wees in Jerusalem tydens sy 1000-jarige Vrederyk op aarde. In elk geval, Jesus se troon in die hemel was syne van ewigheid tot ewigheid en dit was dus nog nooit nodig gewees om dit aan Hom te gee nie. Dit is, was en sal tot in alle ewigheid syne wees. Sy vader, Dawid se troon, sal egter in die toekoms aan Hom gegee word wanneer hy oor die huis van Jakob (die oorblyfsel van Israel se twaalf stamme) begin regeer. Dit weerlê met koste Joubert se siening dat die twaalf stamme van Israel nie meer bestaan nie en nou deur die kerk vervang is. Oor wie regeer diegene wat dood was en weer lewe in die hemel? (Openbaring 20:4). Daar's mos net EEN wat in die hemel regeer en dis God. As sommiges oor ander in die hemel heers (so asof die ander in bedwang gehou moet word onder sommige regeerders se outoriteit), dan is daar mos 'n hiërargiese stelsel in die hemel. In ’n ander video oor Openbaring ontken Joubert so ’n hiërargiese stelsel, maar hier praat hy anders.

    @lessingtom@lessingtom3 жыл бұрын
    • I agree fully with you, Tom.

      @viking_boer8474@viking_boer8474 Жыл бұрын
  • Ek wil net vir u vra, dink u nie dat die mense wat wel geimmigreer het na Australia, ook gebid het oor die saak, en dat die Here hul ook gelei het na die plek waar hul ook moet vir Hom gaan lig skyn en Sy werk doen. Ons Bid dan laat ook U wil in ons lewens geskied. Waar hul nie eens in Suid Afrika werk kon kry nie omdat ander weer hier na geimmigreer het, soms ook onwettig. Dit moes ook nie vir hul maklik gewees het nie, dink al al die emosies en dinge van afskeid wat daar die mense moes deur gaan. Trap sag op ander se harte, kyk ook deur Jesus se sagte oë na ander wat gedwing was deur omstandighede en gevra het U wil nie ons wil nie Vader. 🙏🙏🙏🙏

    @magdabotha9593@magdabotha95933 жыл бұрын
    • Ek dink hy het net dit as voorbeeld gebruik, en nie offensief gepraat nie.

      @nicolaasburger1637@nicolaasburger16373 жыл бұрын
    • Jammer ek het dit ook nie as offensief beskou nie, maar net ook dat ek en ander ook na die anderkant van ń saak kyk, daar is mense wat neerkyk op mense wat wel immigreer. Ek kan my net in dink hoe seer dit ook kan maak en twyfel saai. Jesus Liefde

      @magdabotha9593@magdabotha95933 жыл бұрын
  • Joubert het 'n kleintjie-dood aan ouens wat glo Openbaring is net vir-hulle geskryf. Kom ons vra Joubert, is die boek Openbaring vir mense soos die profeet Daniël en sy mense bedoel? Het hy ook moes sê, “Hei, my broeders en susters, wat ek nou vir julle skrywe is ’n profesie wat God my gegee het, maar ek het so n bietjie slegte nuus vir julle, dit gaan eers oor 2000 jaar plus vervul word?" Nee, God self het vir hom gesê, “En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd aan die einde toe. . . . En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae. (Daniël 12:8-9, 12).

    @lessingtom@lessingtom3 жыл бұрын
KZhead