Sonneblomme en sneeu in Oekraïne deur Michele Potgieter

2023 ж. 15 Там.
164 Рет қаралды

Marinda gesels met Michele oor Sonneblomme en sneeu in Oekraïne.
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn.
Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin - dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware.
Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Michele en Ockert werk hard in die gemeenskap en word geliefd onder die mense. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente.
Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet die baie moeilike keuse maak of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly.
Dit is ’n opwindende en aangrypende verhaal van somtyds verraad maar ook van baie liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.
Nou landwyd beskikbaar!
www.nb.co.za/af/view-book/?id...

KZhead